AFGRI
BEAN
30 Me
-
8670,4
45,40
CORN
30 Me
-
4373
78,00
SOYA
30 Me
-
7805
-10,00
SUNS
30 Me
-
8250
-77,00
WEAT
30 Me
-
6659
50,00
WMAZ
30 Me
-
3719,2
53,20
YMAZ
30 Me
-
3810
45,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Suid-Afrika se watertoekoms voorspel

Hoe lyk Suid-Afrika se watertoekoms? Die Wêreldnatuurfonds en ander kundiges het 'n voorspelling gewaag.

Suid-Afrika se gemiddelde reënval beloop slegs 490mm per jaar, terwyl die wêreldwye gemiddeld 814mm is. Dít beteken Suid-Afrika is 'n waterskaarsland, wat verskeie implikasies vir die gebruik en bestuur van waterhulpbronne inhou.

Die Wêreldnatuurfonds (WWF) en die bekende sakegroep die Boston Consulting Group het tesame met rolspelers en kenners uit die private en openbare sektore deelgeneem aan 'n scenariobeplanning, wat 'n verskeidenheid uitkomste vir watervoorsiening verspel en na gelang hiervan aanbevelings gemaak het.

Verskeie moontlikhede is in ag geneem en die impak van die scenarios op die landbou, industriële en finansiële sektore, sowel as die Regering, is oorweeg. Die scenario-aksis was aan die een kant die beskikbaarheid van skoon water en die ander die vermoë om water te bestuur. Hier volg die scenariovoorspellings wat betref die landbou.

By die drein af

In die eerste scenario het Suid-Afrika genoeg water maar waterbronne word vermors weens vervalle infrastruktuur, terwyl ekonomiese groei stagneer. Politieke onstabiliteit en hoë skuldvlakke lei tot grootskaalse disinvestering. Die swak ekonomie beteken gebrekkige belegging in infrastruktuur, vervalle paaie, die onvoldoende opvanging van reënval en 'n verlies aan water in die land se damme.

Behoorlike omgewingsbestuur is nie 'n prioriteit nie en die gebrek aan insentiewe vir privaatsektorbelegging dra by tot 'n gaping in publiek-private samewerking. Die ekonomie het nie by hoër reënval gebaat nie, want waterlekkasies en gebrekkige onderhoud van infrastruktuur vermors enige moontlike voordeel.

Risiko: In hierdie scenario vergroot die ongelykheidsgaping tussen vermoënde boere en kleiner boere wat nie private infrastruktuur kan bekostig nie. Versekeringskoste weens vloedrisiko neem toe en opvangsgebiede gaan agteruit weens swak bestuurde landboupraktyke.

Geleenthede: Boere kan na watervriendelike gewasse migreer, om hoër oeste in droër seisoene te verseker. Meer volhoubare waterbronne soos boorgate en ander ondergrondse waterbronne kan ook oorweeg word.

Kyk vir: Tekens dat dié scenario 'n moontlikheid is, sluit in die vertraging van waterinfrastruktuurprojekte, die hoeveelheid water wat deur lekkasies verlore gaan en die waterarmoede-indeks in Suid-Afrika, wat die vlak van watertoegang aandui.

Groot vis, klein dam

In dié scenario is voldoende skoon water beskikbaar en die ekonomie groei fluks. Ekonomiese groei gaan nie in die voorsienbare toekoms verlangsaam nie en die behoefte aan water het geen keer nie.

Suid-Afrika het 'n betroubare beleidsomgewing en 'n reputasie vir goeie bestuur, wat tot grootskaalse belegging lei. Van dié belegging is waterintensief. Die groei lei tot laer vlakke van werkloosheid en armoede. Besighede doen verantwoordelik sake, wat waterslimgebruik, verbeterde afvalbestuur en beleggings in waterinfrastruktuur insluit. Verstedeliking volg op ekonomiese groei, wat huishoudelike waterverbruik laat styg.

Risiko: In dié scenario het verstedeliking gelei tot 'n groter waterbehoefte en hoër kospryse het gevolg. Opvangsgebiede ly ook onder swak bestuurde landboupraktyke.

Geleenthede: Geleenthede kan gevind word in 'n skuif na voedsel van 'n hoë kwaliteit en met 'n hoë kalorie-inhoud, as gevolg van 'n groeiende middelklas. Selfregulasie vir beter produksiepraktyke kan ook na vore tree.

Kyk vir: Die tempo van verstedeliking, prysverandering in watertariewe, per capita watergebruik, wat die gemiddelde waterverbruik per persoon in Suid-Afrika meet.

Wankelrige natuurlike hulpbronne

Die Suid-Afrikaanse ekonomie groei fluks maar skoon water is skaars en duur weens droogte en besoedeling. In die scenario is Suid-Afrika aantreklik vir beleggers maar die verhoogde arbeidsproduktiwiteit en ekonomiese groei het tot minder skoon water en dus hoër watertariewe gelei. Dít skep uitdagings vir waterintensiewe landboubedrywe, veral vee, groente en vrugte. Politieke onstabiliteit in Lesotho vertraag die implementering van die Lesotho-hooglandwaterprojek, wat waterbeskikbaarheid verder beperk. Sodoende word waterpryse verder opgejaag.

Risiko: Hoër watertariewe lei tot die onttrekking van opkomende boere uit die bedryf omdat hulle nie water kan bekostig nie. Ander lande ding al hoe meer mee om produkte in die plaaslike mark in te voer, aangesien dit elders goedkoper geproduseer kan word.

Geleenthede: 'n Skuif weg van water-intensiewe landboubedrywe. Invoergeleenthede van landbouprodukte sal oorweeg moet word met die oog op die hele landbou-waardeketting.

Kyk vir: Die waterkwaliteitindeks, die hoeveelheid afvalwater wat verwerk word en die persentasie Suid-Afrikaners wat toegang to drinkwater het.

Huil jou hart uit

Verbeel jou jy leef in 'n land waar 'n lang droogte en swak ekonomiese toestande beteken die Regering kan nie byhou met 'n groeiende waterkrisis nie. Suid-Afrika is in 'n ekonomiese resessie omdat die landbou en mynwese krimp, wat werkloosheid die hoogte laat inskiet en uitvoere laat opdroog.

Die gevolge van 'n gebrek aan belegging word duidelik gesien in vervalde infrastruktuur en gebrekkige tegnologie. Klimaatverandering lei tot veranderende reënvalpatrone met droogte en siklone wat grootskaalse skade in suidelike Afrika aanrig.

Risiko: Grond met waterbronne is skielik in grondgrypers se visier. Lae opbrengs beteken kleinskaalse boere neem 'n stap terug en word bestaansboere.

Geleenthede: Belê in droogte-verdraagsame gewasse en verskaf kleinskaalse wateroplossings aan landelike gebiede deur middel van sosiale entrepreneurskap.

Kyk vir: Vooruitskattings oor die impak van klimaatsverandering, werkloosheid- en armoede-syfers, veranderings in die reg tot water, wat die graad van ongelykheid en sosiale onrus in die land reflekteer.

Die skrikwekkendheid van sommige van dié scenarios reflekteer die absolute noodsaaklikheid van waterbeskikbaarheid. 'n Gebrek aan water sal 'n impak op elke persoon in die land hê en dus is vier doelwitte as moontlik oplossings vir die scenarios voorgestel.

Doelwitte

Suid-Afrika moet 'n waterbewuste land met die nodige kennis en vaardighede in die watersektor word. Dit sluit in bewusmaking oor die belangrikheid van water en opvoeding oor hoe water bespaar kan word, sowel as die ontwikkeling van vaardighede om waterinfrastruktuur doeltreffend te handhaaf.

Sterk waterbestuur moet geimplementeer word, bevorder deur veerkragtige vennootskappe, om sodoende watersekuriteit te midde van klimaatsverandering te bereik.

Watervraag en -aanbodregulasies moet strenger bestuur word en waterbronne moet beskerm word.

Suid-Afrika moet 'n waterslimekonomie ontwikkel en 'n leier word in die kommersialisering van waterslimtegnologie in die landbou en industriële sektore.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.72
-0.3%
Rand - Pond
24.43
-0.5%
Rand - Euro
21.13
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.83
+0.2%
Rand - Jen
0.14
-0.7%
Platinum
1,018.49
-1.1%
Palladium
1,402.97
-1.9%
Goud
1,958.61
+0.8%
Silwer
23.14
-0.1%
Brent-ruolie
77.07
+0.2%
Top-40
70,921
-0.7%
Alle aandele
75,940
-0.9%
Hulpbronne 10
67,062
-1.3%
Industriële 25
105,731
-0.5%
Finansiële 15
14,358
-1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vryheid en die buite Lewe
Lig van hart vol lewe ! geniet strand, see, buitelig en kamp. Lewe vry sonder komplikasies 🦅👁️ Nie baie nodig om gelukig te wees 😉
Doen alles met liefde
Liefde is vir baie belangrik. Opregte liefde. Ek is n baie saggeaarde omgee persoon wat dit geniet om tyd by die huis te spandeer. Bietjie van n introvert. Wanneer die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot