Die suiwelbedryf wêreldwyd beleef die laagste groei in ’n dekade en dit lyk of dit nog ’n tyd lank só gaan voortduur, het mnr. Bertus de Jongh, besturende direkteur van die Melkprodusente-organisasie (MPO) op ’n suiwel-miniberaad in Pretoria gesê.
Verlede jaar is meer melk geproduseer as wat verbruik is met die gevolg dat beduidende voorrade van veral botter en poeiermelk opgebou het, wat druk op pryse plaas. Die vraag het nog nie herstel nie en die toename in vanjaar se melkproduksieis die laagste in die afgelope tien jaar.
Volgens De Jongh sal die afname in groei die voorraad wegwerk en balans terugbring in die mark. Dit sal egter nie vinnig gebeur nie.
2 Desember 2009