
Die voedselmaatskappy McCain Foods SA word sedert Julie toegegooi onder navrae oor die tekort aan ertjies in Suid-Afrika. Me. Tanya Kent, ’n woordvoerder van McCain, sê tydens die vorige seisoen het ryp die gehalte van die oes geknou en die tekort geld alle handelsmerke.
Daar word regdeur Augustus ertjies geoes en daar behoort binnekort weer voorraad beskikbaar te wees. Die grootte en gehalte van die oes kan egter nog nie bepaal word nie.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 21 Augustus 2009.
17 Augustus 2009