AFGRI
BEAN
30 Me
-
8670,4
45,40
CORN
30 Me
-
4373
78,00
SOYA
30 Me
-
7805
-10,00
SUNS
30 Me
-
8250
-77,00
WEAT
30 Me
-
6659
50,00
WMAZ
30 Me
-
3719,2
53,20
YMAZ
30 Me
-
3810
45,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Tegnologie hou 'n ogie oor voer en skale

Sagteware wat met skale by voersilo’s kan “kommunikeer”, help om verliese te beperk en die meng van voer meer kostedoeltreffend te doen.

Dié ingenieur se goeie daad vir ’n Kaapse kinderhuis het hom gehelp om die moontlikhede van sensortegnologie wat met ander toerusting geïntegreer is, raak te sien en ’n onderneming te stig wat nuttige rekenaartoepassings vir die landbou ontwikkel.

Deesdae gebruik van Suid-Afrika se bekendste voer- en skaalmaatskappye en voerkrale die programme wat mnr. Riaan Mastenbroek van die maatskappy IotX skryf om die vermenging, hoeveelhede en aflewering van voer en voermengsels te monitor.

“Ek het vier jaar gelede gratis sagteware vir ’n kinderhuis ontwikkel sodat hulle hul sonkragstelsel kon monitor en data kon insamel ten einde om ’n Eskom-rabat aansoek te doen. Dié integrasie van sensors het gelei tot gesprekke oor die moontlikhede van die program. Ná vele gesprekke het ek met die plaaslike skaalmaatskappy Massamatic begin saamwerk. Die doel was om sagteware te ontwikkel om voer te monitor by die skale wat hulle by voersilo’s installeer.”

Riaan sê die elektriese toestel wat hy bou, is ’n mikrokontroleerder wat hy invoer en programmeer om spesifieke funksies te verrig. “Die apparaat kan geprogrammeer word om met verskillende sensors, soos ’n skaal of temperatuursensor, te kommunikeer, gereeld lesings te neem en die data in die geheue van die apparaat op te berg.”

Die oplossingstelsel wat Riaan bied, bestaan uit vier dele, naamlik ’n webwerf vir die tegniese span wat die installering doen, ’n webwerf vir die voermaatskappy of boer om die verwerkte data en inligting te kan sien, ’n dienstoepassing wat die elektriese apparaat oor die kuberruim heen laat kommunikeer en ’n elektriese toestel wat by die silo geplaas word om lesings te neem en te verwerk.

Die tegniese span sal die toestel buite ’n silo plaas en dit aan die skaal verbind. Die apparaat sal dan met die skaal kommunikeer, die gewig lees en dit na ’n webwerf stuur, wat die inligting in ’n databasis bêre en verwerk. Die kliënt kan die inligting via sy selfoon of rekenaar op ’n webwerf lees. Inligting is dadelik beskikbaar en altyd bygewerk, sê Riaan.

Die apparaat kan tans die gewig van droë stowwe, soos bestanddele in voermengsels en eersdaags die vloeitempo van vloeistowwe meet, of hoeveel van ’n vloeistof uit ’n tenk getap word deur ’n sensor by die tenk se uit- of inlaatpyp te plaas.

In dié stadium is daar net een model wat geskik is vir silo’s wat op ’n weegskaal geplaas kan word. Megasilo’s wat uit sement gebou word om voer op te berg, gebruik tans ander tegnologie om gewig te lees. “Wat ons toestel uniek maak, is dat dit kragtig genoeg is om met ’n verskeidenheid sensors te kommunikeer. Indien die behoefte bestaan, kan ons dit dus integreer met ’n sensor wat by ’n megasilo gebruik word en sodoende daardie inligting op die webwerf voorstel.”

Voermaatskappye wen

Van die belangrikste gebruikers van die tegnologie is voermaatskappye. Hulle gebruik die toestel om voerhoeveelhede by hul boerekliënte te monitor en sodoende ’n beter diens te lewer.

Riaan sê dit help voermaatskappye om die gewig van die silo’s se inhoud te monitor en hul kliënt te laat weet voor die voer op is. “Voermaatskappye kan ook nou doeltreffender roete- en voerbeplanning vir die toekoms doen omdat hulle vroegtydig weet watter voer (asook watter soort voer) by hul kliënte min raak.

“Hulle gebruik die algoritmes van die webwerf om presies te weet hoeveel voer op afleweringsdag benodig word en kan die silo by ’n boer heeltemal volmaak sonder vermorsing van voer, of om terug te ry met ’n halwe vrag weens oorskatting.”

Die apparaat help dat voerbestellings-hoeveelhede akkuraat afgelewer word. “Voorheen moes ’n boer skat hoeveel voer hy benodig. Dit het tot vermorsing en ekstra koste vir die voermaatskappy gelei.”

Hulle is besig met ontwikkeling om meer sensors te integreer om byvoorbeeld temperatuur en humiditeit ook te meet sodat gehaltebeheer uitgeoefen kan word. “Voermaatskappye sal kan sien in watter toestande die voer opgeberg of verbruik word.”

Sagteware vir voermeng (batching)

Riaan skryf ook sagteware wat gebruik word by die meng van veevoer. Dit help veevoervervaardigers om mengsels saam te stel en die verskillende “resepte” op ’n toestel te bêre sodat daar later ’n spesifieke resep gekies kan word voor die voer gemeng word.

Die stelsel bêre en verwerk die gewigte van die bestanddele van die mengsel tydens die mengproses. Dit wys op ’n skerm in die fabriek hoeveel van elke bestanddeel nodig is en dui aan wanneer die volgende bestanddeel ingegooi moet word. “ ’n Veevoervervaardiger kan later verslae oproep wat aandui hoeveel van elke bestanddeel gebruik is en hoeveel nog beskikbaar is,” sê Riaan.

Só vind boere baat daarby

Riaan sê die stelsel maak dit vir ’n boer moontlik om dadelik op sy foon of rekenaar te sien presies hoeveel voer in sy silo oor is. “Hy hoef nie op die silo te klim en te skat hoeveel voer benodig word tydens bestellings nie.”

Die boer hoef nie self die gewig in die silo te monitor nie. Hy kan gerus wees dat daar altyd voer beskikbaar sal wees omdat sy afleweringsmaatskappy hom die hoeveelhede help monitor en betyds in kennis stel as die voer min raak.

’n Boer kan sy eie voertoepassings op die perseel kalibreer en verifieer deurdat hy presies kan sien hoeveel voer hy in ’n sekere tydperk gebruik. “Ons is besig om ’n toepassing te ontwikkel wat ’n boer in staat sal stel om ’n e-pos of SMS te ontvang as voer uit die silo verwyder word. Dit kan help om diefstal te bekamp.”

Die stelsel bevat volledige verslae en grafieke van historiese voergebruik. ’n Boer kan dus vasstel of die hoeveelhede wat afgelewer is, wél ooreenstem met wat afgelewer is. Voer is duur en ná ’n paar maande kan ’n paar kilogram ’n groot verskil maak.

Waar internetverbinding nie beskikbaar is nie, sal die apparaat nie die data oor die kuberruim kan stuur nie en moet duurder, koordlose oplossings oorweeg word. Riaan sê die stelsel is gebou om op die kleinste moontlike bandwydte (GPRS) te werk. “Ons integreer dit tans met ’n groot verskeidenheid skale, maar daar is wel sekere skale wat dit nie toelaat om daarmee te integreer nie.”

Die toestel kos van R7 500 tot R8 500. Daar is ook ’n maandelikse dienstarief vir data en sagteware van R750. Vir groot bestellings is daar afslag.

Tegnologie vir weegbrûe

Mnr. Riaan Mastenbroek, ’n ingenieur van die maatskappy IotX, sê sy maatskappy is ook besig om weegbrugsagteware vir Massamatic te ontwikkel. Die sagteware word saam met ’n nuwe weegbrug geïnstalleer.

Dit maak onder meer voorsiening vir die opstel van verskillende weegstasies op een perseel vir die inweeg en uitweeg op verskillende brûe, die weeg van die hele voertuig, net gedeeltelik, of net die asse, asook integrasie met Suid-Afrikaanse wetgewing vir toelaatbare gewigsverslae.

Die sagteware sal eweneens data insamel oor die aantal palette, die tipe vrag (met hoeveelhede), kliënte en voertuiginligting tydens die weegproses, asook ’n verskeidenheid gedetailleerde verslae en notas van aflewering bevestig.

Riaan sê die weegbrugsagteware kan met ander stelsels en ander skale geïntegreer word, wat dit moontlik maak om by bestaande weegbrûe geïnstalleer te word. Dit kan ook elektroniese hekke of toegang na die weegbrug beheer.

Navrae: Mnr. Riaan Mastenbroek, sel 082 897 5315; e-pos: riaan@iotx.co.za; webwerf: www.iotx.co.za.

• Dié artikel is geborg deur GWK. Besoek GWK se webblad by http://www.gwk.co.za/

GWK top flag

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.72
-0.3%
Rand - Pond
24.52
-0.9%
Rand - Euro
21.16
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.89
-0.2%
Rand - Jen
0.14
-0.7%
Platinum
1,034.47
+0.4%
Palladium
1,442.25
+0.9%
Goud
1,956.85
+0.7%
Silwer
23.23
+0.3%
Brent-ruolie
77.07
+0.2%
Top-40
71,969
+0.7%
Alle aandele
76,996
+0.5%
Hulpbronne 10
68,484
+0.8%
Industriële 25
107,148
+0.8%
Finansiële 15
14,487
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin n nuwe boek saam [geskrap]
Ek is hier om iemand spesiaal te ontmoet om saam n nuwe lewe te kan begin. Ek [geskrap] hou van om die lewe te geniet en te lag. Hou van kosmaak en braai. Ek hou van om langs...
Kom ons klim die eerste trappie...
'n Dame met 'n goeie sin vir humor, hard werkend, vrede liewend want hou van goeie geselskap. Iemand met 'n lus vir die lewe, 'n groot hart en ek ken my...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot