AFGRI
BEAN
09 Jun
-
8524
64,00
CORN
09 Jun
-
4000
13,00
SOYA
09 Jun
-
7752
89,00
SUNS
09 Jun
-
8625
-29,00
WEAT
09 Jun
-
6305
-1,00
WMAZ
09 Jun
-
3605,60
48,60
YMAZ
09 Jun
-
3859,4
11,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Aerobotics gee wêreldwyd pas aan met hommeltuig-tegnologie

akkreditasie
Mnr. James Paterson
Mnr. James Paterson
Deur kunsmatige intelligensie en ’n omvattende databasis in te span kan siektes en plae op plante nou akkuraat geïdentifiseer word.

Met die tegnologie, wat nie sy gelyke wêreldwyd het nie, kan boere tot op die vlak van enkele blare waarnemings maak. Die Kaapse maatskappy Aerobotics het die tegnologie op 11 Oktober bekend gestel.

Mnr. James Paterson, medestigter en uitvoerende hoof van Aerobotics, sê met hierdie tegnologie kan boere sonder moeite en selfs sonder om ’n voet in die boord te sit, baie vroeg ’n plaag of siekte identifiseer. “Hierdie tipe tegnologie was tot nou nog net ’n droom, maar vandag maak ons die toekoms van boerdery ’n werklikheid,” het hy gesê by die bekendstelling op die wynplaas Leopard’s Leap buite Franschhoek.

Aerobotics se Aeroview-tegnologie, wat satellietbeeldmateriaal gebruik om kolle uit te wys waar ’n boord of wingerd stres ervaar, bepaal outomaties ’n roete vir ’n hommeltuig om die kolle te inspekteer. Die hommeltuig neem op ’n hoogte van slegs een meter bo die blaredak hoëresolusiefoto’s, wat onmiddellik opgelaai word na Aerobotics se databasis – die eerste databasis in sy soort ter wêreld. Kunsmatige intelligensie sal dan die siekte of plaag identifiseer en onmiddellik ’n verslag na die boer se selfoon stuur.

Tot dusver moes boere gedurig hul wingerde en boorde inspekteer en op hul ervaring en kennis steun om siektes en plae te identifiseer. Hommeltuie en kunsmatige intelligensie verrig nou die taak, iets wat boere geld, tyd en energie bespaar, sê mnr. Michael Malahe, databestuurder by Aerobotics.

Mnr. Benji Meltzer, medestigter en tegniese hoof van Aerobotics, sê dat hierdie tegnologie “ook ’n groot invloed sal hê op die grootte en gehalte van oeste, omdat siektes en plae vroeër geïdentifiseer kan word en dus ’n kleiner invloed sal hê op die oes.” Hoe langer hierdie tegnologie toegepas word en hoe meer data ingewin word, hoe vinniger en akkurater sal die vroeë identifisering van siektes en plae word.

Mnr. Johan Hudson, nasionale hoof van Nedbank se afdeling vir landboubesigheid, sê die bank is trots daarop dat hy ’n minderheidsaandeel in Aerobotics het. “Die resultate wat ons reeds uit hierdie tegnologie sien, is die toppunt van tasbare waarde en die mag van ontwrigting wat reg gedoen word om nuwe werklikhede vir sake en boerdery te skep. Dit strook met ons doel om ons finansiële kundigheid aan te wend tot die voordeel van die landbou.”

Meer as ’n jaar gelede het Landbouweekblad in ’n inligting-vennootskap met Aerobotics betrokke geraak. Chris Burgess, hoofredakteur, sê Landbouweekblad is trots om betrokke te wees by ’n plaaslike maatskappy wat baanbrekerswerk aan die snykant van landboutegnologie doen en tegnologie gelewer het nêrens anders ter wêreld voorkom nie.

Buiten die geoutomatiseerde tegnologie waarmee siektes en plae geïdentifiseer word, het Aerobotics ook tegnologie bekend gestel wat met kunsmatige intelligensie outomaties inspeksieroetes vir hommeltuie bepaal, hommeltuie in staat stel om volgehou slegs een meter bo die blaredak te vlieg, kunsmatige intelligensie wat siektes en plae met die Aerobotics-databasis identifiseer, en verslagdoeningstegnologie wat die boer akkurate en bruikbare inligting gee.

Hierdie bekendstelling het tegelykertyd op elf persele reg oor Suid-Afrika plaasgevind. Meer as 700 mense het die elf geleenthede bygewoon.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.72
+0.7%
Rand - Pond
23.55
+0.5%
Rand - Euro
20.12
+1.0%
Rand - Aus dollar
12.62
+0.3%
Rand - Jen
0.13
+1.0%
Platinum
1,008.77
-0.1%
Palladium
1,322.69
-2.8%
Goud
1,960.83
-0.3%
Silwer
24.30
+0.1%
Brent-ruolie
75.96
-1.3%
Top-40
71,602
-0.1%
Alle aandele
76,936
-0.1%
Hulpbronne 10
68,393
-1.2%
Industriële 25
102,984
-0.4%
Finansiële 15
15,877
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Pilgrim of Life
IMPORTANT: Please note that although my address is Malmesbury, I live & work, untill at least end 2023, in the Limpopo Province. I do visit Cape Town once per month on...
Kom ons kyk
Want ek is een awesome persoon. lol Die see is waar ek wil wees. Ek kan n geselsie hou en hou daarvan om social te wees met vriende en familie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot