AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Alternatiewe krag: Vind só die beste oplossing vir jou plaas

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Michelle van der Spuy
Foto: Michelle van der Spuy
’n Oplossing vir alternatiewe krag wat op een plaas werk, sal nie noodwendig net so op ’n ander plaas toegepas kan word nie. Lees hier hoe om ’n oplossing te vind wat op jou plaas sal werk.

Die voortslepende kragkrisis en onvoorspelbare beurtkrag plaas groot druk op die werksaamhede wat op ’n plaas móét voortgaan. Ten einde meer betroubare kragvoorsiening te verseker, oorweeg boere moontlik meer as ooit vantevore om stelsels vir alternatiewe krag op hul plase op te rig.

Dit is egter nie so eenvoudig soos om te besluit waar jou ’n windturbine kan staan, en of jy ’n dak- of grondgemonteerde sonkragstelsel wil hê nie, het mnr. Harold Burgess, besturende direkteur van Dabar Energy, op Landbouweekblad se eerste Gee my Krag!-webinaar gesê.

Volgens hom is daar vier opsies vir alternatiewe, hernubare krag.

Windkrag. Dit kan goed werk vir byvoorbeeld jagkampe of visvangoorde wat slegs baie klein stelsels van sowat 1 tot 2 kW benodig. Individuele ondernemings het nie toegang tot stelsels van 2 tot 3 MW nie. Daar is geen sinvolle oplossings in die mark vir stelsels van 10 tot 100 kW nie.

Hidrokrag. Daar is ’n paar suksesvolle hidrokrag-stelsels in Suid-Afrika, maar geleenthede om dié stelsels te implimenteer is eintlik baie beperk. Die sukses van die stelsel hang af van die hoogte waarvan die water val, die volume van die water asook of water regdeur die jaar beskikbaar is.

Biogas. Om so ’n stelsel doeltreffend te maak, is groot volumes mis beskikbaar. Die mis moet op een plek beskikbaar wees om addisionele vervoerkoste te vermy. Dit is ’n voltydse werk om so ’n stelsel aan die gang te hou. Dit kan dalk werk indien paraffien of steenkool met metaangas vervang kan word.

Sonkrag. Hierdie stelsels maak die afgelope paar jaar finansieel sin. Daar is ’n geleentheid om jou energiekoste op lang termyn met 15% tot 35% te beperk.

Moenie haastige besluite neem nie

Burgess het gesê dit kan ’n oorweldigende proses wees om te besluit watter alternatiewe kragstelsel die beste vir jou plaas is. “Dit is ’n spesialisgebied met baie dinge wat oorweeg moet word. Gesprekke oor energie is meestal nuwe kennis vir die boer. Die verkoopsagente probeer om stelsels aan die boere te verkoop. Daar is dus verkoopsdruk betrokke. Voeg daarby beurtkrag en ’n behoefte by die boer om iets te doen, want hy is besig om vas te brand.

“ ’n Mens moet tussen hierdie onderskeie spannings in die energiegesprek ’n koel en kalm besluit neem, nie haastig wees nie en nie emosioneel wees nie. ’n Emosionele besluit kan ’n duur een wees as jy nie strategies en geïntegreerd oor jou opsies dink nie.”

Hy het gesê sy kliënte behaal die beste resultate wanneer hulle met ’n weldeurdagte langtermynplan werk en nie alles gelyk probeer doen nie. “ ’n Goeie energiestrategie is soos om te voet te jag. Bekruip die bok stap vir stap – uiteindelik lê die bok op die bakkie en dit was sommer boonop ’n lekker proses!”

Die situasie lyk anders op elke plaas

Hy het gesê elke boer moet sy spesifieke situasie verstaan aangesien elke plaas en sy behoeftes uniek is. “Jy moet seker maak dat jou spesifieke behoeftes aangepak word en daarom moet jy jouself vra hoe jou boerdery lyk.

“Het jy ’n veeplaas met ’n opstal? Is daar ’n slaghuis op die plaas? Of het jy ’n groot besproeiingsplaas? Is daar ’n geleentheid om swaartekrag deel van die energiegesprek te maak? Is daar seisoenale verwerking op die plaas soos ’n pakhuis vir lemoene of aartappels? Is daar ’n fabriek op die plaas?

“Elk van hierdie verskillende tipes boerderye se energiestrategie moet anders benader word.”

Boere moet verskillende aspekte oorweeg.

  • Wat is jou grootste behoefte? Energiesekerheid, die beperking van jou energiekoste of albei?
  • Wat is die energierisiko’s in jou boerdery?
  • Is Eskom of ’n munisipaliteit jou kragverskaffer? Hoe goed word die munisipaliteit bestuur?
  • Hoe lyk die tariefstruktuur waarteen jou boerdery krag koop?
  • Is jy op die mees optimale tariefstruktuur gegewe jou boerdery se energieprofiel?
  • Hoe doeltreffend word krag op jou plaas verbruik?
  • Watter alternatiewe kragbronne, soos paraffien of kragopwekkers, word reeds op die plaas gebruik?
  • Hoe integreer jou boerdery al die verskillende kragbronne?
  • Meet jy jou energieverbruik op die plaas? Indien wel, hoe?
  • Watter rol speel sonkrag in hierdie energiemengsel?

Sleuteloorwegings vir ’n sonkragstelsel

Wat die insluit van sonkrag in jou plaas se energiemengsel betref, is daar volgens Burgess spesifieke aspekte wat oorweeg moet word. Eerstens, hoe groot jou stelsel moet wees. Om dit te bepaal is dit uiters belangrik dat ’n profiel van die boerdery se energieverbruik oor ’n tydperk van 12 maande saamgestel moet word.

“Dit is duur om sonkrag op jou plaas te installeer. Jy wil nie later uitvind dat jou stelsel eintlik te groot is nie.”

Tweedens, moet daar oorweeg word hoe die stelsel aan Eskom se netwerk gekoppel sal word. Daar moet ook besin word oor hoe daar vir die stelsel betaal sal word.

“Kan ek die 12B-belastingvoordeel gebruik? Indien jy uit jou eie sak daarvoor betaal, wat is die kapitaalkoste en vorm dit deel van jou projekkoste? Gaan jy finansiering gebruik wat deur ’n handelsbank verskaf word? Hulle is aggressief in hierdie spasie en bereid om finansiering daarvoor te bied. Of gaan jy ’n kragkoop-ooreenkoms aangaan, en hoe gaan dié ooreenkoms lyk?”

Dan moet daar ook oorweeg word hoe die stelsel geïnstalleer gaan word. ’n Sonkragstelsel kan op ’n dak of op die grond gemonteer word.

Dit is goedkoper en makliker om ’n sonkragstelsel op ’n dak te installeer. Daar is ook ’n mate van beskerming teen diefstal en dit is geskik vir kleiner stelsels. Onderhoud op dié tipe montering is egter moeiliker en die dak se oriëntasie is nie altyd ideaal nie.

Wat grondmontering betref, is dit makliker om die stelsel later uit te brei, te onderhou en skoon te maak. Dit is egter ook duurder. “Dit is in albei gevalle belangrik om te besluit hoe die panele skoongemaak sal word aangesien stof en voëlmis wat op die panele beland, die doeltreffendheid daarvan met tot 20% kan verminder.”

* Die eerste webinaar in Landbouweekblad se Gee my Krag!-webinaarreeks is hier beskikbaar. Die volgende webinaar sal 28 November om 11:00 plaasvind. Registreer hier daarvoor.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.56
-0.2%
Rand - Pond
22.67
+0.3%
Rand - Euro
19.98
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
972.21
-1.2%
Palladium
1,397.84
-1.3%
Goud
1,940.50
-1.9%
Silwer
22.39
-0.7%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot