Hul toenemende gebruik in besige lugruimtes is veral ’n kwessie. Daarom het dr. Lauren Meiring sogenoemde samewerkende botsingvoorkoming-algoritmes ontwikkel en getoets as deel van haar onlangse doktorsgraad in elektroniese ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch.
Luidens ’n verklaring kan dié algoritmes botsings met stilstaande en bewegende voorwerpe, asook met ander hommeltuie, voorkom. Terselfdertyd kommunikeer die hommeltuie hul posisies, snelhede en voorgenome vlugbane in komplekse omgewings.
Hommeltuie word as deel van die neiging tot outomatisering toenemend gebruik deur onder meer die landboubedryf, in militêre operasies en die filmbedryf.