Dié Duitse produk was oorspronklik op die blombedryf toegespits. Die formules, waarvan daar vandag sowat 3 000 is, is mettertyd uitgebrei om ook by groente en vrugte gebruik te kan word. Die produk word in die grond ingewerk.
Elke formule is fyn uitgewerk vir ’n spesifieke plant se behoeftes, soos vir sitrusbome, aarbeie en bessies, tamaties en kropslaai. Die basis van elke formule is ’n gespesialiseerde substraat en natuurlike kunsmisprodukte word dan bygevoeg om onder meer beter ontkieming, groei en opbrengs by die plant te bevorder.
Die substraat dra by tot beter belugting van die plant se wortels wat só goeie wortelgroei bevorder. Verskillende substrate word gebruik en dit kan turf bevat of turfvry wees, na gelang van die plant se behoeftes. Die formules kan vir saailinge en volwasse plante gebruik word.