Mnr. Louis Koekemoer, die verskaffer van die produk wat op Muldersdrif vervaardig word, sê die produk is deur die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad in Suid-Afrika getoets.
Dit bestaan uit ’n poeier wat met water gemeng en dan oor die vuur gespuit word. Dit is nie giftig nie en vee kom niks oor as hulle gras vreet waarop die produk gespuit is nie.
Die middel is bio-afbreekbaar en is dus nie skadelik vir die omgewing nie. Dit kan vooraf met water in ’n vuurvegter of rugsakspuit vermeng en dan só laat staan word vir wanneer daar nood is. Dit kan sommer in die veld gemeng word wanneer die vuurvegter of ander spuite leeg is.