’n Mens kan dit later in die dag gebruik om die keel nat te maak, maar dit is belangrik dat die eerste koppie boeretroos met goeie Arabica op ’n skaflike manier gebrou word. KitchenAid se Siphon-koffiemaker is nét die ding.
Dit lyk dalk soos ’n stuk laboratoriumtoerusting, maar dit bied ’n outomatiese vakuumbrouproses deur temperatuurpresisie. Danksy die ketel en filterpot van glas kan ’n mens die hele brouproses sien. Die filters van vlekvrye staal kan oor en oor gebruik word.
Die eenheid se deksel en staander is van polipropileen gemaak. Saam met die stelsel kry ’n mens ’n veeldoelige skoon- maakborsel, ’n kofiemaat- lepel en ’n voetstuk waarin die broupot staan. Die Siphon-koffiemaker kan tot agt koppies koffie op ’n slag maak. Die hele familie kan dus soggens saam vars koffie geniet.