Kunsmatige intelligensie (KI), wat nie met ander KI verwar moet word nie, is niks nuuts nie omdat die meeste slimfone vandag met ’n stemgebaseerde assistent toegerus is. ChatGPT gebruik soortgelyke tegnologie, maar anders as jou foon, kan dit baie meer doen.
Stel jouself voor dat jy enige van die volgende probleme het: Jy wil meer inligting oor ’n onderwerp hê, maar jy soek net ’n bondige antwoord, nie ’n klomp skakels waardeur jy self moet sif nie.
Of dalk het jy ’n brief vir Eskom geskryf, maar jy kort hulp met vertaling of taalversorging. Dalk het jy ’n dokument wat jy wil opsom, of in minder tegniese taal wil verwoord.