Sy eie toepassing, met sy wortels in Noordwes, Indië en dieOoste, kos ’n fraksie van duur en dikwels omslagtigestelsels met onnodige funksies.
In net vyf jaar op die familieplaas Lemmerville by Hartbeesfontein in Noordwes kon mnr. Wernich Lemmer die omset viervoudig verhoog. Tegnologie het ’n omwenteling soos min veroorsaak – van ’n reaktiewe bestuurstyl tot proaktiewe beheer wat moontlik gemaak is deur elke handeling wat in ’n stelsel so groot soos ’n vuurhoutjieboksie pas.
Vir dié voormalige Jongboer van die Jaar van Noordwes het die oorskakeling na ’n ten volle gedigitaliseerde boerdery die grootste tegnologiese sprong in sy boerdery beteken. (Sien ook “ ’n Kop vir somme, dekgewasse en vernuwing” by bitly.ws/ASxM op Landbou.com.)