Met Adagin Technologies se tegnologie-oplossing kan boere sowat 30% meer uit hul arbeid te haal. “Ons produktiwiteit het met tot 30% verbeter in die twee jaar dat ons die stelsel gebruik,” vertel mnr. Wilhelm Naudé, wat onder meer met steenvrugte (perskes, nektariens en pruime) op die plaas Oudewagensdrift naby Worcester boer.
Op ’n ander klant se plaas het die Adagin-stelsel hulle in staat gestel om minder werkers in diens te neem.
“Hulle het vanjaar ’n groot appeloes gehad, en hulle sou ’n groter span moes aanstel, maar danksy ons stelsel kon hulle dit met die bestaande span behartig,” vertel mnr. JD Naudé, een van die stigters van Adagin Technologies van Stellenbosch, wie se arbeidslim tegnologiese oplossing ’n omwenteling op plase meebring.