Kunsmatige akwifeeraanvulling sal waarskynlik ál belangriker word vir Suid-Afrikaanse dorpe en boere namate klimaatsverandering sy kloue inslaan.
Reënvalpatrone het reeds verander wat betref intensiteit, volume en interval. Daarom het die staat die inwerkingstelling van verskeie aanvullingskemas in die nasionale grondwaterstrategie en die water-en-sanitasiemeesterplan opgeneem.
Mnr. Fanus Fourie van die grondwaterdivisie van die geologiese vereniging van Suid-Afrika en me. Danita Hohne van die departement van water en sanitasie sê water kan as ’t ware “gebank” word vir die droë jare wat kom. Daar is baie opgaarplek onder die grondoppervlak. Hulle beantwoord vrae oor hoe dit werk.