
Deel van die navorsing is om maniere te vind om boere te laat om voort te gaan om hul landbouprodukte winsgewend te produseer, terwyl hulle terselfdertyd energie uit verskillende bronne opwek.
Van Duitsland se belangrikste teoretiese en praktiese navorsingspogings word vandeesweek op die 2022 EuroTier/EnergyDecentral-uitstalling in Hannover ten toon gestel.
Dié vooruitgang sluit in die ontwikkeling of verbetering van die konsepte van “landbou-fotovoltaïese” energie om terselfdertyd voedsel en sonkrag op landbougrond te produseer, drywende fotovoltaïese stelsels op staande oppervlakwater, soos oorstroomde oopgroefmyne of steengroewe en die gelyktydige opwekking van hitte en/of krag uit die doeltreffende verbranding van hernubare organiese stowwe, soos oesreste of vlambare gasse wat in bioverteerders geproduseer word.
Dan is daar die potensiaal om hoogs doeltreffende brandbare stowwe wat min gasse vrystel, uit hernubare houtbronne te produseer en ook vir verskillende tipes hernubare energiestelsels gemoduliseer kan word. Dié stelsels kan geïntegreer word om mekaar sinergisties te ondersteun om hitte en krag deurlopend vir eie gebruik en/of kommersiële voorsiening in energienetwerke te lewer.
Wat landbou-fotovoltaïese energie betref, het EnergyDecentral se projekbestuurder, mnr. Marcus Vagt, gesê dié tegnologie se potensiaal massief is. Byvoorbeeld, as slegs 4% van Duitsland se 16,6 miljoen ha toegerus is met verhoogde sonkragmodules, kan dit tot 500 terawatt-uur krag produseer; of ongeveer die ekwivalent van Duitsland se totale kragaanvraag tans.
“Die vermyding van konflik ten opsigte van grondgebruik in die uitbreiding van kragproduksie is ’n sleuteldryfveer vir dié tegnologie,” het Vagt gesê. “Onder die jongste innovasies is sonkragmodules met tweevlakglas-glas wat vertikaal soos ’n heining opgerig kan word. Dié glas vang lig op albei oppervlakke op. Nog ’n opsie is die installering van sonboë bo gewasse wat onder verbou word. Dan is daar deurskynende fotovoltaïese modules en spoorfotovoltaïese modules wat reën kan deurlaat sodat sonlig en vog die gewasse kan bereik.”
Tegnologieë word ontwikkel om die rou biogas wat uit biomassa uit landbou en ander bronne geproduseer word, beter te genereer, te verfyn, te verwerk, te versprei en te benut. Op lang termyn sien Vagt dat bio-saamgeperste aardgas en bio-vloeibare aardgas ’n lewensvatbare alternatief vir fossielgebaseerde aardgas en brandstowwe sal word. Daar word selfs groot vordering gemaak om koolstofdioksied in brandbare metaan om te skakel.
Veel meer doeltreffende gelyktydige opwekking van hitte, krag en gas met behulp van buigsame stelsels wat deur hernubare biomassa aangevuur word, is ook hoog op Duitsland se navorsingsagenda. Hoewel sulke stelsels hierdie uitsette in selfstandige bedrywighede kan produseer, word in die vooruitsig gestel dat opgewekte krag gelyktydig ’n verskaffer van krag kan wees wanneer hoogs veranderlike wind- en sonkrag nie as die primêre energiebronne beskikbaar is nie.
“ ’n Gekombineerde hitte-en-kragstelsel werk nie net binne ’n biogasaanleg nie. As dié stelsel in die omgewing van enige krag- en hitteverbruiker opgerig is, kan dit ook maklik dié verbruiker van omgewingsvriendelike energie voorsien,” sê mnr. Horst Seide, president van die Duitse-biogasvereniging.