Die nuwe seëlmiddel, Pratley Grey RTV Silicone, kan temperature van -50 °C tot 300 °C vir kort tydperke verduur en is diesel-, paraffien-, water- en oliebestand.
Die produk het ook geen ongunstige invloed op elektriese komponente soos voertuigsensors nie, en is ideaal om enjin-opvangbakke, ratkaste en waterpompe te seël.
Pratley Wondafix Auto is ’n beweeglike middel wat gebruik kan word om krake in die paneelbord, pype wat geskaaf is, buffers, vinielsitplekke en gekraakte windskermrubberseëls te herstel. Pratley se Steel Quickset is ’n metaal-vuller wat gevyl, gesaag en geskuur kan word.