AFGRI
BEAN
01 Jun
-
9400
0,00
CORN
01 Jun
-
4611
0,00
SOYA
01 Jun
-
7648
0,00
SUNS
01 Jun
-
8048
0,00
WEAT
01 Jun
-
6612
0,00
WMAZ
01 Jun
-
3648
0,00
YMAZ
01 Jun
-
3775
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Hommeltuie gee Groen Skerpioene giftiger angel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Wes-Kaapse provinsiale regering het sy vermoë om die omgewing uit die lug dop te hou, verskerp met twee van hierdie moderne DJI Mavic Air 2S-hommeltuie. Foto: Verskaf
Die Wes-Kaapse provinsiale regering het sy vermoë om die omgewing uit die lug dop te hou, verskerp met twee van hierdie moderne DJI Mavic Air 2S-hommeltuie. Foto: Verskaf
Hommeltuie is ’n nuwe angel in die mondering van die Wes-Kaapse Groen Skerpioene om omgewingswetgewing af te dwing.

Die Wes-Kaapse departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning het moderne hommeltuie aangeskaf vir omgewingswaarneming uit die lug en is nou besig om sy Groen Skerpioene op te lei in die hantering daarvan.

“Namate druk op ons natuurlike ekostelsels toeneem, raak die verpligting op ons om die toepassing van omgewingswetgewing te monitor en af te dwing al hoe belangriker,” sê mnr. Anton Bredell, provinsiale minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning. “Terselfdertyd werk ons met beperkinge in ons begrotings en ook beperkte mannekrag. Daarom moet ons nuwe tegnologie, soos hommeltuie, aangryp om ons optrede te verskerp.”

Hy sê die departement het R250 000 belê om nege lede van die Groen Skerpioene op te lei om afstandgerigte vlieënierslisensies te bekom ten einde hommeltuie wettig te gebruik in hul veldwerk. Al nege vlieëniers het die intensiewe opleiding van drie weke suksesvol voltooi en is gereed om die tegnologie te benut.

Mnr. Ayub Mohamed, ’n hoofdirekteur in die departement, sê die hommeltuie skep nuwe, doeltreffende manier om produktiwiteit te verbeter. Dit kan help met ondersoeke en die insameling van inligting deur beeldmateriaal uit die lug. Dit kan help omdat klagtes oor beweerde onwettige bedrywighede bevestig moet word deur inspeksies ter plaatse. Die hommeltuie kan ook nuttig wees in gebiede wat nie begaanbaar te voet is nie.

Beeldmateriaal uit hommeltuie kan gebruik word om die omvang van onwettige bedrywighede of die erns van omgewingsbesoedeling te bepaal omdat dit dikwels moeiliker is om foto’s en beeldmateriaal op grondvlak te gebruik om die omvang te bepaal. Die lugfoto’s bied ’n holistiese prentjie van die omgewing.

Mohamed wys daarop dat hommeltuie voordelig is wat veiligheid en die vermyding van risiko’s betref in byvoorbeeld gebiede waar maatskaplike onrus voorkom of gevaarlike en ontoeganklike gebiede. Die amptenare kan op ’n veilige afstand bly en beeldmateriaal kry sonder om hulself in gevaar te stel.

Die departement het tot twee DJI Mavic Air 2S-hommeltuie aangeskaf en hulle is al ingespan om die onwettige verwydering van inheemse plante in die Kaapse Wynland te bestry.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.61
+0.1%
Rand - Pond
24.58
+0.0%
Rand - Euro
21.11
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.97
-0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Platinum
1,007.43
+0.4%
Palladium
1,399.50
+1.6%
Goud
1,981.28
+0.2%
Silwer
23.96
+0.3%
Brent-ruolie
74.28
+2.3%
Top-40
70,656
0.0%
Alle aandele
75,783
0.0%
Hulpbronne 10
68,962
0.0%
Industriële 25
102,956
0.0%
Finansiële 15
14,630
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie geselskap en baie kalm en saggeaard
Saggeaarde eerlike en opregte mens wat ander met respek hanteer. Baie beskermend teenoor n vrou en sal nooit kras praat of optree nie.
Soek lewensmaat
Ek is n dame met n goeie hart. Moeg Vir seer kry. Wil net gelukkig wees en iemand Om mee n lewens pad te stap
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot