Dit vou klein op – omtrent so groot soos jou dagboek. As dit opgeslaan is, is dit so groot soos die afgelope sewe jaar se dagboeke opmekaar gestapel.
’n Mens laai die stofie met dun houtjies, steek dit aan die brand en plaas jou kastrol of ketel op die stewige rooster van vleklose staal – en siedaar, jy kook water of maak kos in ’n japtrap.
Jy kan ook soliede brandstofblokkies (fuel tablets) gebruik of selfs ’n klein alkoholbrandertjie in die vuurmaakplek plaas. Dit sal alles werk en is byna sonder uitsondering goedkoper as gas of elektrisiteit.