Me. Niki Neuman, hoofbestuurder van Afgri Technology Services, noem AXL ’n digitale mark wat eienaars en huurders met mekaar verbind. Sy sê die platform is ontwikkel “nadat ons na die behoeftes van boere gaan luister het”.
“Kontraktering van toerusting is nie ’n nuutjie in die land nie, maar ons het besef die beskikbare kapasiteit ontbreek nog soms. Dus het Afgri die platform geskep om onder meer die manier waarop ons ons eie tweedehandse toerusting gebruik, te verbeter terwyl ons ook aan eienaars van landboumasjinerie die geleentheid gee om ’n inkomste uit hul eie toerusting te verdien.
“Terselfdertyd skep die platform die geleentheid vir kleiner boere om toegang tot moderne tegnologie vir hul plase te bekom, sonder om noodwendig groot beleggings in bedryfsbates te maak.”