Die meeste beskikbare katrolle het ’n 1:1-verhouding, wat beteken een omdraaiing van die handvatsel is gelykstaande aan slegs een omdraaiing van die katrol se tol. Die nuwe JVA rat-polidraadkatrol, met ’n 1:3-ratverhouding, kan hierdie tyd en moeite tot ’n derde verminder.
Die JVA rat-polidraadkatrol is vir ruwe buitelugtoestande ontwerp en word in Suid-Afrika vervaardig. Dit het ’n gegalvaniseerde swaardiens-staalraamstruktuur en sy nie-geleidende tol is met glasvesel versterk.
Daar is plek vir tot 500 m polidraad op dié katrol, en sy gegalvaniseerde staalraam en -haak maak dit maklik om dit in ’n tydelike geëlektrifiseerde heiningstelsel te integreer.