Kundiges se raad is om die pleister weg te stroop en die oorspronklike laag te vervang. Dit kan ’n groot, duur en onooglike taak wees.
Damp-Vent-proppe is ’n makliker en goedkoper manier om skade weens klammigheid te vertraag en om te keer dat dié probleem handuit ruk. Boonop hoef jy nie die muur weer te pleister en te verf nie. Damp-Vent-proppe is geskik vir gebruik binne en buite en vir enkel- en dubbelmure.
Die proppe word in gate geplaas wat strategies in ’n muur geboor word op die aangeduide hoogte vanaf die grond of vloer en op die aanbevole afstand van mekaar af. Vog in die muur verdamp dan deur die Damp-Vent-prop. Klante kry aanwysings vir doen-dit-self-installasie of kan ’n kundige persoon betaal om dit te doen.