Hoffmann Power het ’n kompakte, dog verbasend kragtige Power Tank ontwikkel as ’n rugsteunkraglaaier vir voorheen geïnstalleerde batterybanke wanneer hul krag min raak tydens ’n onderbreking van die Eskom- of ander hoofkragnetwerk.
’n Tenk van 25 liter verskaf brandstof aan ’n Hoffmann-petrolenjin van 4,85 kW wat 7 liter brandstof in 5 uur verbruik terwyl dit 55 ampère lewer. Die Power Tank skop outomaties in wanneer die batterybank se stroomspanning tot 48 V daal.
As die kragtoevoer herstel, sal die rugsteunkraglaaier aanhou werk totdat die batterybank se stroomspanning tot 53 V gestyg het. Terwyl dit die batterybank laai, sal die Power Tank terselfdertyd krag verskaf aan ander noodsaaklike huishoudelike toestelle, soos ligte.