Danksy dié instelling se nuwe UFI Baercom-masjien uit Amerika is sulke toetsing nou makliker. Dit toets elektriese werking (of die gebrek daaraan) in die koglea en gehoorkanale. Ore word afsonderlik getoets.’n Toets kos R500 tot R600.
Niks kan tans gedoen word vir honde wat aan aangebore doofheid ly nie. Luidens ’n verklaring deur die UP is sekere honderasse meer geneig daartoe, waaronder Dalmasiërs, Bulterriërs, Australiese Beeshonde, Engelse Jaghonde, Engelse Cockerspanjoele en Bostonterriërs.
Honde met ligter velle, veral as hulle blou oë ook het, is ook meer geneig om aan aangebore doofheid te ly.