Cofesa doen ’n beroep op maatskappye, hul personeel en almal wat kan, om met sonpanele groenkrag op te wek en, soos in Duitsland en Amerika, aan die metro’s te verkoop Banke finansier sonpanele teen sowat R1 250 per maand. Dit is so maklik soos om ’n motor te koop.
Sedert 1 Januarie 2016 is artikel 12B van die Inkomstebelastingwet (Wet 58 van 1962) gewysig van ’n driejaar- (50%, 30%, 20%) waardeverminderingstoelaag vir hernubare energie tot ’n waardeverminderingstoelae van net een jaar (100%).
Groenkrag voorsien reeds in 10% van Suid-Afrika se energiebehoeftes en die land kan dit vinnig tot meer as 20% opstoot, volgens dr. Wessel Swart, wat ’n doktorsgraad in groenenergie verwerf en ’n senior pos by Eskom beklee het. Sonpanele voorsien sy boerdery al dekades lank van krag.