Die Vleis & Ys Thermo hou jou vleis vir 4-6 uur warm, of jou ysblokkies vir dieselfde tydperk yskoud danksy ’n dik isoleringslaag van poli-uretaan. Die houer se deksel het ’n vakuum-sluitstelsel wat dit lugdig verseël en lekkasies keer.
Die produk het stewige handvatsels wat oor die deksel kan platvou vir maklike verpakking. Die houer is in drie kleure beskikbaar. Die inhoudsmaat van 2,5 liter is nie baie groot nie, maar dit is juis bedoel as ’n nisproduk, sê mnr. Christian Pretorius, medestigter van Vleis & Ys.
“Dit is bedoel vir gebruike soos om vleis higiënies na ’n bring-en-braai te vervoer, of as jy in die bos uitkamp en jou oorskietvleis veilig wil bêre. Dit kan ook gebruik word om gaar pap of rys warm te hou as jy nie ’n mikrogolf het nie.”