Die natuurlike vyande word gebruik as deel van ’n geïntegreerde plaagbestrydingsbenadering vir boere wat gewasse soos sitrus, druiwe, neute, bessies, tamaties, kannabis en komkommers verbou.
Die reeks rooforganismes help boere om hul afhanklikheid van chemiese middels te verminder en help só keer dat plae weerstand teen middels opbou.
Dit is ook ideaal vir uitvoergewasse wat vry van chemiese residu moet wees. FieldBugs het ook onlangs ’n reeks vir die huis en tuin bekend gestel, met kleiner verpakkingsopsies vir mense wat tuinplae op ’n meer biologiese manier wil bekamp.