Die flits op die foto is die Speras E1. Dit is ’n stabiele 500 lumen-flitslig wat tot twee meter diep waterdig is.
Die flits werk met ’n herlaaibare 18650-battery. Dit kan met ’n USB-kabel deur middel van jou rekenaar herlaai word of van ’n kragpunt af. ’n Afsonderlike batterylaaier is dus nie nodig nie.
Die flits is van aluminium gemaak en het ’n maksimum straalafstand van 170 meter. Dit werk met ’n drukskakelaar aan die agterkant. Twee ander flitse in die reeks is ook beskikbaar – die M1 met ’n straal van 1 000 lumen en die T1 met ’n straal van 1 200 lumen.