Daarmee sal die mens op die maan kan navigeer en internetdienste tussen die aarde en die maan kan installeer. Dit sal ook sake vergemaklik om ryp vrugte oor ’n afstand heen te identifiseer, voorspel internasionale kenners in die toonaangewende wetenskapspublikasie Science.
Litiumniobaat is ’n nagemaakte soort kristal wat reeds in 1946 ontdek is. Dit kan elektromagnetiese golwe opwek en manipuleer reg oor die volle ligspektrum – van mikrogolwe tot UV-frekwensies.
Die kristalle kan klein veranderinge in laserlig raaksien. Dit kan daarom beweging waarneem sonder die nodigheid vir ander, eksterne seine, soos wat die geval is met satellietgegronde GPS-toestelle, verduidelik een van die navorsingsleiers, prof. Arman Mitchell van die Royal Melbourne Institute of Technology (RMIT) in Australië.