“Ons jongste tegnologie is FieldView wat aan Precision Planting se stelsels gekoppel is. Dit stel ons in staat om intyds, via ’n iPad, na al die funksies en sensors op ons planters te kyk.
Dit versamel ook belangrike data van werktuie en masjinerie wat ons dan kan gebruik om voorskrifkaarte vir ons saailande te ontwikkel en om veranderlike toedienings vir bedrywighede soos plant, die strooi van kalk en bemesting te programmeer.
“Dit sluit alles aan by ons Case IH Advanced Farming Systems-programme sodat alle gekarteerde data, soos vanaf roostermonsters, opbrengskaarte en kunsmiskaarte, versamel en gesentraliseer kan word vir ontleding.