Dit is makliker gesê as gedaan, want die eindprodukte moet gesond wees, lekker smaak en volhoubaar geproduseer kan word.
Só sê prof. David Julian McClements, ’n voedselwetenskaplike aan die Universiteit van Massachusetts Amherst, in ’n oorsigartikel in die vaktydskrif Nature Science of Food.
Daarvolgens was die plantgebaseerde voedselmark in Amerika in 2019 reeds byna $5 miljard werd, met 40,5% van verkope wat melkverwant was. Plantgebaseerde vleisprodukte het 18,9% van verkope uitgemaak.