Sodoende kan ’n egaliger saadbedding geskep word om vinniger en noukeuriger te plant. Landbouweekblad was by die Commodity Classic-skou in New Orleans, Amerika.
Die koms van tegnologie vir wisselende toediening het boerdery kostedoeltreffender gemaak en opbrengste verbeter. Dit behels dat ’n land nie as homogeen beskou word nie, maar in sones opgedeel word om misstof so doeltreffend moontlik toe te dien of verskillende saadkultivars teen wisselende digthede aan te plant.
Die volgende stap, dié van ’n varieerbare grondbewerkingswerktuig wat die wisselende grondtoestande binne een land in ag neem en blitsvinnig outomatiese veranderinge kan aanbring terwyl die grond bewerk word, is op die Commodity Classic-landbouskou deur die landboumasjinerievervaardiger Case IH ten toon gestel.