Dit is ontwikkel deur die Japannese robotikamaatskappy Agrist. Die robot, bekend as L, beweeg langs drade wat van ’n kweekhuis se dak hang.
Luidens ’n verklaring deur die ontwikkelaars beteken dit dus dat dit nie op wiele oor ongelyke grond hoef te sukkel nie. Kameras en kunsmatige intelligensie help die robot besluit watter soetrissies geoes moet word.
John Deere se selfstuurtrekker wat ploegwerk sonder ’n bestuurder kan doen, het ’n topprys in die robotika-afdeling ontvang. Dit gebruik GPS-tegnologie, stereokameras, sensors en kunsmatige intelligensie.