Van die sprekers op die tiende internasionale simposium oor besproeiing van tuinbougewasse op Stellenbosch het die impak van klimaatsverandering op waterskaarste in die landbousektor as vertrekpunt vir hul voorleggings gebruik.
Die Universiteit Stellenbosch, die Wes-Kaapse departement van landbou en Universiteit van Pretoria het die kongres gereël. Die International Society for Horticultural Sciences (ISHS) was die gasheer van die simposium en verskeie internasionale sprekers en top- plaaslike kenners het navorsing in die Eikestad gedeel oor hoe waterstres in onder meer wingerde en vrugtebome gemeet kan word.
Die gebruik van ’n robotikaplatform was een van die metodes onder bespreking tydens die sessie oor eksperimente wat daarop gemik is om die plante se waterstatus deur middel van nabye waarneming (proximal sensing) te meet.