AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Saai stel intelligensieplatform vir familieboere bekend

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dr Theo de Jager en mnr. Francois Rossouw. Foto: Nico van Burick
Dr Theo de Jager en mnr. Francois Rossouw. Foto: Nico van Burick
Die netwerkorganisasie Saai het pas ’n kunsmatige-intelligensieplatform, wat boere met hulle boerderybestuur kan help, bekend gestel.

Dit gaan gratis beskikbaar wees aan familieboere in Suid- en Suider-Afrika en daar word beoog om dit uit te brei na 76 ander nasionale organisasies op ses vastelande wat familieboere verteenwoordig. Die WhatsApp-gebaseerde platform is ’n nuwigheid. Dit is bekend as Hi Saai en gebruik miljarde datapunte op die internet om binne minute ’n komplekse raamwerk te ontwikkel waarbinne ’n volledige antwoord op boerderyverwante vrae gegee kan word.

Dr Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai, het by die bekendstelling gesê in ’n omgewing waar groot korporatiewe groepe en multinasionale maatskappye algaande primêre produksie begin oorneem, is daar net een manier waarop die wêreld se klein en mediumgrootte boere gaan oorleef en dit is met behulp van die beste digitale tegnologie.

“Die plaas van die toekoms sal bestuur word met groot data, robotte, hommeltuie en satelliete, die internet van dinge, blokkettingtegnologie, en veral kunsmatige intelligensie. As ’n netwerk vir familieboere is dit Saai se missie om hierdie tegnologie binne bereik van elke plaasgesin te bring.”

De Jager het gesê toe hy op ’n keer as die voorsitter van die Wêreldboere-organisasie die sakeman Bill Gates in Seatle besoek het, het Gates beklemtoon dat data die nuwe goud in landbou is. “Hy het gesê dit is die presisie-deel van presisieboerdery en om mededingend te bly moet jy op die snypunt van datategnologie wees en boere moet nooit die eienaarskap van hul data prysgee nie.”

De Jager het gesê dit is ’n boodskap wat hy altyd sal onthou en daarom het Saai ’n tyd gelede met die platform begin om vir enige boer met ’n slimfoon of rekenaar te help om toegang te kry tot navorsing. Hi Saai is nog in ’n ontwikkelingsfase en ’n ál groter groep boere word daarby betrek om haakplekke uit te stryk.

“Ons leer nog uit ons ervaring, maar binne enkele weke sal Hi Saai as ’n gratis bestuurshulpinstrument vir elke boer in Suid-Afrika beskikbaar wees voordat dit elders in Afrika en wêreldwyd beskikbaar gestel word. Hierdie is ’n unieke Suid-Afrikaanse produk wat ons opgewonde maak en oor ’n jaar gaan hy al heelwat anders lyk.”

Mnr. Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, het gesê hulle is reeds in gesprek met landbou-unies oor die wêreld heen om die platform so wyd as moontlik beskikbaar te stel. “Die verste, kleinste en armste boere kan die beste beskikbare raad van Hi Saai kry as hulle ’n internetverbinding het.”

“Hi Saai plaas die heel beste kundigheid en inligting wat beskikbaar is, binne bereik van elke boer. Dit verskuif die horisonne van landboutegniese raadgewende dienste en dek elke faset van boerdery – van sakeplanne, finansiële raad en meganisasie tot die toediening van chemikalieë, produksiebeplanning, bemarking en programmering.”

Hy het gesê hulle sal 70% afhanklik wees van internasionale data en 30% van eie Suid-Afrikaanse landbou-inligting wat in die stelsel ingevoer sal word. Daar is reeds hiermee begin.

De Jager het gesê vir die ouer geslag boere is hierdie ’n nuwe wêreld, maar dit is die tipe van tegnologie wat jong mense laat terugkom plaas toe. “Hulle verstaan dit baie beter en dit help hulle om weer ’n toekoms in die landbou te sien en mededingend te bly.

“Hi Saai is ’n superkonsultant sonder die rekening, ’n heeltydse raadgewer-analis sonder die salaris, en ’n vennoot sonder die winsdeling.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.25
-0.9%
Rand - Pond
22.29
-0.3%
Rand - Euro
19.60
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.14
-1.6%
Platinum
967.61
-1.7%
Palladium
1,406.83
-1.1%
Goud
1,997.26
+0.2%
Silwer
23.38
+1.2%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
68,791
-1.8%
Alle aandele
74,297
-1.7%
Hulpbronne 10
64,003
-1.8%
Industriële 25
101,107
-1.5%
Finansiële 15
15,051
-2.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
Everyday is a good day
Mmmm hou van braai kamp dans en some net rustig te wees, ek is baie lief vir diere. Vra as jy iets wil weet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot