AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Satelliete gaan metaangassondaars soek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
'n Steenkoolkragstasie. Foto: Charl van Rooyen
'n Steenkoolkragstasie. Foto: Charl van Rooyen
Die Verenigde Nasies (VN) gaan satelliete gebruik om uit te wys wie en waar ter wêreld die grootste vrystellers van klimaatsverwarmende metaangas is.

Die metaanalarm-en-reaksiestelsel (MARS) word bestuur deur die VN omgewingsprogram (UNEP) se internasionale metaanobservatorium (IMEO).

Die tegnologie sal groot pluime metaangas en ander sogenoemde brandpunte kan uitwys. Data wat ingesamel word, sal binne 75 dae vanaf waarneming openbaar gemaak word.

Nuus oor dié satellietgebaseerde stelsel is op die COP27-klimaatsberaad in Sharm el-Sheikh in Egipte bekend gestel.

Oor die klem op metaangas het UNEP se uitvoerende direkteur, dr. Inger Andersen, gesê: “Om metaangasuitsette te verminder kan ’n groot en vinnige verskil maak aan klimaatsverwarming omdat die gas vinniger as koolstofdioksied uit die atmosfeer verdwyn.”

Inligting wat danksy MARS ingesamel word, sal regerings help om wetenskaplik-gefundeerde beleid te skep. Maatskappye of bedrywe wat as grootskaalse metaangasvrystellers uitgewys word, sal kans kry om sake te beredder. MARS-vennote sal beskikbaar wees met tegniese kennis en werkbare voorstelle.

Danksy MARS se gereelde satellietbeelde sal UNEP ook kan verifieer of maatskappye eerlik is oor hoe baie metaangas hulle jaarliks produseer, en of hul pogings om dit te verminder met verloop van tyd enigsins ’n impak het.

metaangas satelliet,
Die tegnologie sal groot pluime metaangas en ander sogenoemde brandpunte kan uitwys. Data wat ingesamel word, sal binne 75 dae vanaf waarneming openbaar gemaak word

Die projek word gefinansier deur die Europese kommissie, die Amerikaanse regering, die Globale Metaan-hub, en die Bezos-aardefonds. Dit word bedryf deur vennote soos die internasionale energie-agentskap en UNEP se koalisie vir klimaat en skoon lug.

Verantwoordbaarheid

Volgens dr. Kelly Levin, hoof van wetenskap, data en stelselverandering by die Bezos-aardefonds, bied die inisiatief groter deursigtigheid. Dit sal maatskappye en regerings meer verantwoordbaar kan hou.

Die energie- en vervaardigingsektor veroorsaak persentasiegewys die grootste volume klimaatsverwarmende metaangasse, met die landbousektor wêreldwyd wat vir ’n derde daarvan pa moet staan.

Op COP27 is talle paneelsessies reeds gewy aan die bydrae wat veral diere wat in batteryboerderye (sogenoemde factory farms) grootgemaak word, lewer tot die landbousektor se algehele vrystellingsvlakke. Betogers buite venues in Sharm el-Sheikh maak gereeld voorbrand vir plantgebaseerde pleks van vleisgebaseerde diëte weens die bydrae wat lewende hawe tot metaangasuitsette lewer.

Die interregeringspaneel oor klimaatsverandering (IPCC) sê huidige metaangasuitsette moet met minstens 30% verminder om te keer dat temperature teen 2030 met meer as 1,5 °C styg vanaf preïndustriele vlakke. Talle lande het hulself verlede jaar tot hierdie teiken verbind deur die globale metaanpakt by COP26 in Glasgow te onderteken. Suid-Afrika, die wêreld se 13de grootste produsent van kweekhuisgasse, was nie onder hulle nie.

Luidens ’n verslag deur Climate Transparency het Suid-Afrika se metaangasvrystellings alleen tussen 1990 en 2019 met 30% tot 61 metrieke ton koolstofdioksied-ekwivalente (MtCO2e) per jaar gestyg. Hierdie syfer neem net die bydrae daartoe deur die landbou-, rommel en energiesektore in ag, en nie dié van die bosboubedryf en ander grondgebruikers nie.

Die landbousektor is tans die grootste oorsaak van metaangas-uitsette in Suid-Afrika. Persentasiegewys het die sektor se bydrae egter met 23 persentasiepunte sedert 1990 gedaal, van 72% tot 49% in 2019.

Volgens mnr. Janse Rabie, Agri SA se uitvoerende beampte vir wetgewing en beleid, het veral die plaaslike kommersiële rooivleis-sektor oor die afgelope 20 jaar goed daarin geslaag om metaangasvrystellings te beperk. Dis uitgewys in Suid-Afrika se sewende nasionale kweekhuisgas inventaris-verslag 2000 tot 2017, wat deur die departement van bosbou, visserye en omgewingsake uitgereik is.

“Navorsing word voortdurend gedoen om voort te bou op die sektor se doeltreffendheid en omgewingsvolhoubaarheid ten opsigte van metaanvrystellings. Dit sluit aspekte soos effektiewe teling, kuddebestuur, weidingbestuur en voerformulering in.

“Verreweg ons grootste bron van kweekhuisgas-vrystellings (in die geheel) bly die mynbou- en energie-sektor, veral steenkool.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.55
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
979.10
-0.6%
Palladium
1,421.38
-0.1%
Goud
1,976.74
-0.9%
Silwer
23.15
+0.2%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot