Vir die boer wat dié tegnologie wil toets, is daar die bekostigbare Compact-reeks met die intreevlak Compact, CompactPro en CompactXR (32 100 pixels) termiese kameratoestelle wat verskille tussen -40 °C en 330 °C waarneem. Dié toestelle word plaaslik deur J3 Thermal versprei.
Dit is versoenbaar met die meeste slimfone en prop direk by ’n Android- of iPhone-foon in. Die Compact-toestelle kan tot op 550 m temperatuurverskille waarneem en lewer duidelike beelde tot op 80 m. Die toestel dien as ’n ekstra lens, terwyl jou slimfoon al die fotografie- en verfilmingswerk doen.
Dit is ideaal vir verskeie bestuurstake op die plaas, soos om vee op te spoor, wild te tel of selfs om koorsige vee in ’n trop uit te wys. Dit word ook ingespan in gewasverbouing, oesskatting en om siektes in boorde op te spoor. Die toestel kan ook ongewenste besoekers snags raaksien en die betredingsaksie as bewysstuk afneem terwyl jy hulp inroep.