Die grootste bedreiging vir moderne boerderye se volhoubaarheid is sekerlik vermorsing. Vir mnr. JP Meintjes is tegnologie ’n waardevolle verskansing om te verseker dat duur insette nie vermors word nie en dat waardevolle graan elke keer reg gestroop word.
“Ek gebruik John Deere Operations Centre se tegnologie op ál my trekkers en werktuie omdat die stelsel my alles gee wat ek nodig het.
“Die eerste tegnologie wat ek begin gebruik het, was die RTK-stelsel met John Deere se Autotrac-bestuurstelsel. Dit was die eerste stuk tegnologie wat my boerdery ’n hele paar punte hoër geskuif het.”