Skatting op grond van voorkoms kan jou duur te staan kom – in party skaapkuddes is daar ’n verskil van tot 76% in doeltreffendheid.
Die gevestigde Vrystaatse beesboere mnre. Llewellyn en Gareth Angus het danksy die regte presisietoerusting hul skaapvertakking deur intensifisering nóg winsgewender gemaak. Binne ’n jaar ná die oorskakeling verloop die skaapboerdery nou seepglad.
Intensiewe skaapboerdery slaag net danksy die regte tegnologie, en dit maak doeltreffende bestuur moontlik. Dít was die kernboodskap op die vorige LRF-Veeskool, wat ook ’n besoek aan die boerdery van die Angus-familie van Arlington ingesluit het.