AFGRI
BEAN
05 Jun
-
8540
35,00
CORN
05 Jun
-
4137
104,00
SOYA
05 Jun
-
7760
41,00
SUNS
05 Jun
-
8341
41,00
WEAT
05 Jun
-
6560,2
-13,80
WMAZ
05 Jun
-
3725
30,00
YMAZ
05 Jun
-
3855
42,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Uie-vel werp helder lig op toekomstige gewasbeskermingsopsies

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die sinchrotron by Canadian Light Source genereer lig wat meer as ’n miljoen keer helderder as die son is en wat gebruik word om maniere te vind om plante se weerstand teen plae en siektes te verbeter. Foto verskaf deur Canadian Light Source
Die sinchrotron by Canadian Light Source genereer lig wat meer as ’n miljoen keer helderder as die son is en wat gebruik word om maniere te vind om plante se weerstand teen plae en siektes te verbeter. Foto verskaf deur Canadian Light Source
Mensgemaakte lig wat meer as ’n miljoen keer helderder as die son is, het navorsers in Kanada in staat gestel om die dun selwande van uie en ander plante intensief te ondersoek.

Die navorsing word gebruik om te help bepaal hoe sekere chemiese elemente gebruik kan word om gewasse teen plae en siektes te beskerm.

Die navorsing word gedoen met ’n sinchrotronlig wat vervaardig word deur Canadian Light Source (CLS), wat aan die Universiteit van Saskatchewan verbonde is.

In ’n verklaring sê CLS uie is geskik om vir die navorsing te gebruik omdat dit maklik is om ’n enkele laag selle weg te skil om na veranderinge in die selwande te kyk. Selwande is ’n sleutelstruktuur in plante vir beskerming teen plae en siektes.

Die navorsing word gelei deur me. Ariana Forand, ’n meestersgraadstudent aan die universiteit se kollege vir landbou en biobronne. Sy gebruik sinchrotronlig om te verken hoe kalsium en boor ’n voordelige rol speel in die versterking van plante se selwande, om sodoende die dehidrasie van plante as gevolg van koue en droogte te help verminder en hul weerstand teen plae en siektes verhoog.

Luidens die verklaring is ’n unieke kenmerk van Forand se navorsing dat dit na veelvuldige stresfaktore gelyktydig kyk, naamlik dehidrasie in Walliese uie en kookuie, en patogeenweerstand in Arabidopsis wat wyd as ’n modelorganisme in plantbiologie gebruik word.

Een aspek van Forand se navorsing was om kalsium gemeng met water toe te dien vir uie wat in ’n kweekhuis gekweekte is. Sy het toe sinchrotron X-straalmikroskopie gebruik om te bevestig dat die uieplante die kalsium nie net opgeneem het nie, maar dat dit ook in die plante se selwande gevind is. Verdere toetsing het getoon dat hierdie kalsium in die selwande gehelp het om waterverlies van die uieplante te verminder.

Hierdie navorsing het ook bevind dat boor wat aan Arabidopsis-plante gegee word, met die pektien in hierdie plante se selwande bind. Dit versterk hierdie wande se weerstand teen siektes.

“Ons het na maniere gekyk om selwande struktureel te versterk. Die bevestiging dat kalsium en boor die impak van vogverlies en siektes verminder, dien as aansporing om na ’n soortgelyke effek in ander plante te soek,” sê Forand.

Dr. Karen Tanino, ’n dosent in plantwetenskappe aan die universiteit en Forand se studieleier, sê in enige gegewe jaar kan een stresfaktor meer algemeen voorkom as ander en dat dit moeilik is om te voorspel watter een dit sal wees. Forand se navorsing bied ’n geleentheid om plante teen alle stresvariasies van jaar tot jaar te beskerm.

Tanino was die eerste plantwetenskaplike navorser aan die universiteit wat sinchrotrontegnieke by die CLS gebruik het. Sy sê hoewel die versterking van plantselwande teen verskeie stresfaktore nie ’n volledige oplossing is nie, “is dit die eerste linie van verdediging”.
uie navorsing
Me Ariana Forand, ’n meestersgraadstudent aan Kanada se Universiteit van Saskatchewan, gebruik Canadian Light Source se reusagtige sinchrotron wat lig produseer wat meer as ’n miljoen keer helderder as die son is, om plantselwande te bestudeer en te ondersoek hoe hulle versterk kan word om plae en siektes beter te weerstaan. Foto verskaf deur Canadian Light Source
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.27
+1.2%
Rand - Pond
23.96
+1.4%
Rand - Euro
20.65
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.75
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Platinum
1,029.37
+2.4%
Palladium
1,408.13
-1.9%
Goud
1,961.28
+0.7%
Silwer
23.58
-0.2%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,422
-0.8%
Alle aandele
76,603
-0.7%
Hulpbronne 10
69,348
-1.4%
Industriële 25
103,842
-1.2%
Finansiële 15
14,979
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Tyd is kosbaar.
Het n positiewe uitkyk op die lewe (alhoewel realisties), geniet die natuur en om staproetes te stap, kweek plante as n stokperdjie ens.
Wonderwerke vir Liefde....
Leer my ken om uit te vind. daar is baie! Ek hou van te veel dinge, die natuur en nuwe uitdagings. Stap in die berge, kamp onder die sterre. n motorfiets - en laat slaap is ook...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot