AFGRI
BEAN
06 Des
-
7565
64,00
CORN
06 Des
-
3722
15,00
SOYA
06 Des
-
7555
55,00
SUNS
06 Des
-
9520
65,00
WEAT
06 Des
-
6180
-45,00
WMAZ
06 Des
-
3519,8
16,80
YMAZ
06 Des
-
3760
21,00
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

Unitrans slaan nuwe rigting in met spuithommeltuie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die nuwe DJI T30 Agras-hommeltuie maak dit moontlik om volgens presisievoorskrifte te bespuit. Unitrans Africa meen dat die hommeltuie 40 ha tot 50 ha per dag kan bespuit. Foto: Verskaf
Die nuwe DJI T30 Agras-hommeltuie maak dit moontlik om volgens presisievoorskrifte te bespuit. Unitrans Africa meen dat die hommeltuie 40 ha tot 50 ha per dag kan bespuit. Foto: Verskaf
Die logistieke maatskappy Unitrans Africa het ’n nuwe tree met presisieboerdery gegee met die aankoop van die grootste vloot spuithommeltuie ter wêreld.

Die sewe Chinees vervaardigde DJI T30 Agras-hommeltuie sal in tien lande, insluitende Suid-Afrika, aangewend word vir spuit- en opmetingswerk, sê mnr. Rob Hayworth, hoofbestuurder van Unitrans Africa. Die hommeltuie, wat teen ’n koste van meer as R400 miljoen onwikkel is, word reeds in Malawi en Mosambiek aangewend.

“Ons konsentreer tans hoofsaaklik op die suikerbedryf, maar dit is ook ons voorneme om met verloop van tyd die diens na ander gewasse soos tee, koffie, makadmianeute en ander produkte uit te brei.”

Hy sê die behoefte aan doeltreffende oesbeskermingstoediening in die suikerbedryf het die maatskappy gehelp om hommeltuie te identifiseer as die ideale werktuie om die diens te verskaf.

“Hommeltuie het verskeie voordele bo konvensionele bespuiting met vliegtuie, insluitende ’n meer omgewingsvriendelike element. Die hommeltuie gebruik batterye en kan snags ook spuit, wat dit moontlik maak om 24 uur per dag te werk.

“Tesame hiermee kan hommeltuie wisselende toedieningshoeveelhede in dieselfde land spuit, wat ’n groot sprong in lugbespuiting wêreldwyd en nuut in Afrika is. Dit beteken ook minder watergebruik en verseker dat meer oesbeskermingsproduk gaan na waar dit nodig is, pleks van ’n lukrake toediening oor ’n land.”

Deur twee of drie hommeltuie op ’n slag te gebruik, wil die maatskappy meer lande per dag bereik. Hayworth meen dat dit ook die plaaslike ekonomie kan stimuleer, aangesien plaaslike inwoners hommeltuigvlieëniers kan word, iets wat nie met vliegtuigbespuiting moontlik is nie.

Die diens sal nie beperk wees tot groter boere nie, en Hayworth meen dat enige boer toegang daartoe sal hê. “Ons het ’n aantal ure in die vooruitsig gestel wat ons moet verkoop ten einde die hommeltuigvloot lewensvatbaar te maak. Dit beteken dat alle kliënte, ongeag hul grootte, dieselfde koste oor verskillende groottes lande, insluitende ’n opstel- en reistarief, kan verwag.

“Koste word wel meer ekonomies gebaseer op volume en dus is daar die aansporing om groter oppervlaktes te bespuit, maar dit is ons voorneme om hierdie tegnologie toeganklik te maak aan kleiner boere. Ons aanbod is ook baie mededingend teenoor enige vastevlerk-aanbod.”

Hayworth sê die nuwe, groter T30-hommeltuie kan 40 ha tot 50 ha per dag per vlieënier bespuit met elke vlieënier wat twee hommeltuie op ’n slag beheer. Die koste beloop sowat R250/ha vir bespuiting en rondom R15/ha vir opmetings.

“Dit is ons benadering om die uitleg van die land te verstaan deur opmetings om al die potensiële bespuitingsroetes te identifiseer ten einde die beste toedienings te maak. Hommeltuigbespuiting is kostedoeltreffender, minder skadelik, omgewingsvriendelik en kan meer presiese toediening bewerkstellig. Tesame hiermee, kan hommeltuiginligting boere help om gewasse wat onder druk verkeer, te identifiseer. Dit is ’n nuwe ontwikkeling vir ons besigheid.”

Kontak Unitrans by 087 354 8439 of enquiries@unitrans.africa.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.99
+0.5%
Rand - Pond
21.20
+0.3%
Rand - Euro
18.05
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.23
+0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.8%
Goud
1,781.12
-0.2%
Silwer
22.34
-0.9%
Palladium
1,779.50
-2.0%
Platinum
936.50
+0.0%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,464
+0.2%
Alle aandele
70,980
+0.2%
Hulpbronne 10
66,827
+0.5%
Industriële 25
93,787
0.0%
Finansiële 15
14,025
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Oujongkerel wat hou van aktief wees
Ek hou van aktiewe dinge in die buitelig en om Suid Afrika te verken. Het al genoeg lande besoek om te weet SA is een van die beste plekke om te wees , ondanks vele uitdagings....
Die eem agter jou glimlag
Ek is n spontane mens Hou van nuwe vriende em beslis die persoon wat n glimlag op jou gesig sal sit Mal oor buitelewe en mense. Soek vriende om saam die dinge wat lekker is in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot