Suid-Afrikaners weet van opslae maak in die digitale wêreld. Almal weet immers van Elon Musk, die oud-Pretorianer en deesdae grootbaas van Tesla.
Nou is daar Nile.ag, wat binne net maande meer as 5 000 ton vars produkte verkoop het. Aan die stuur staan drie jong baanbrekers – mnre. Louis de Kock, seun van Louis de Kock sr. van Wildeklawer-faam, Eugene Roodt en Rick Kleinhans.
Die digitale platform wat hulle vanjaar van stapel gestuur het, maak dit moontlik om vars produkte reg oor Afrika te verhandel, met die potensiaal om nuwe voedselstelsels op die vasteland te vestig en bestaandes te transformeer.