Dit kan jou selfs help om brande te identifiseer. Die PT4-kamera is ’n veeldoelige dubbelspektrum-, PTZ- (pan, tilt, zoom) termiese kamera. Die kamera integreer ’n gevorderde termiese opspoorder met ’n hoëresolusie- optiese kamera en is spesifiek ontwikkel vir waarneming op medium- tot ver afstande.
Dit is veeldoelig danksy die gebruik van sy analitiese algoritmes. Die kamera kan hiermee rook en brande, asook koue of warm voorwerpe identifiseer. Dit bied ’n funksie waarmee jy ’n waarskuwing kry wanneer ongenooide gaste oor ’n lyn of in ’n spesifieke gebied inbeweeg het.
Die kamera werk op afstande van tot 3 125 m. Dit is daarom ’n kostedoeltreffende oplossing om te help in die voorkoming van bosbrande, vir plaas- en kuslynbeskerming en enige ander waarnemings wat oor ver afstande gedoen moet word.