Die reeks kleefmiddels het die Technology Top 100-toekenning van die Da Vinci-groep ontvang. Die keuse tussen produkte is vereenvoudig om die regte middel vir die spesifieke toepassing te vind.
Die Pratley Pratlok-reeks word volgens kleure gekodeer. Die produknaam is ook vereenvoudig – Partlok Screw Grade 0-6 kan byvoorbeeld vir skroewe van tot 6 mm gebruik word. Dit verminder risiko omdat die regte kleefmiddel gebruik word.
Na gelang van die graad van kleefmiddel wat gebruik word, sal ’n enkele druppel op ’n skroefdraad binne 8 tot 18 minute begin verhard en binne 24 uur gereed wees vir werk.