Die LED White Light word geaktiveer wanneer ’n deur of motorhuisdeur oopgemaak word, of as die sensors die geringste beweging in die vertrek optel.
Die sensors is aanpasbaar vir verskillende afstande. Luidens ’n verklaring deur die maatskappy skyn dié lig vyf keer helderder as ’n gewone plafonlig. Die LED-ligte is ook baie energiedoeltreffend en verbruik slegs 24 W krag.
Die beligtingseenheid bestaan uit drie gegote aluminiumpanele wat verstel kan word. Elkeen bevat ’n dagligwit-LED-paneel. Die eenheid skroef in soos ’n gloeilamp. Dit is dus maklik om in ’n bestaande passtuk te installeer. Die eenheid is gewaarborg om 50 000 uur se lig te verskaf.