Die Fluence-afdeling van die beligtingsmaatskappy Osram het die nuwe tegnologies gevorderde Fang-model van die reeks SPYDR-lae-energie-LED-beligtingstelsels vir binnenshuise daggaproduksie ontwikkel.
Dit is nou beskikbaar vir Suid-Afrikaanse tuis- en kommersiële kwekers. Die SPYDR Fang lewer 1 600 µmol/s (mikromol fotone per sekonde) elektriese krag, wat vir dagga se volledige kweeksiklus gepas is.
Dit sluit ’n geïntegreerde verdofskakelaar in wat ’n gebruiker toelaat om die beligtingsintensiteit van 0-100% aan te pas. Dit het ook Fluence se PhysioSpec Indoor Broad R4-tegnologie wat die rykheid van sonlig naboots vir verbeterde plantgroei in enige binnenshuise omgewing.