Sy agtergrond en kennis in die gebiede van opvoeding en kommunikasie, is van die redes vir mnr. Jerome Topley se aanstelling as Agri Mega se nuwe hoofbestuurder van kommunikasie en ontwikkeling.
Topley het tot onlangs as direkteur in die kantoor van die minister van landbou in die Wes-Kaap gedien en was 'n bekende aanbieder van RSG se "Praat saam"-program. Topley se aanstelling skakel in met Agri Mega se struktuuraanpassings om homself reg te plaas vir groei.
"Die landbou het vernuwende denkers met visie nodig en senior aanstellings van kleur is juis skaars in georganiseerde landboustrukture," sê mnr. Orton King, hoof uitvoerende beampte.
12 Junie 2009