Bykans 40 ton sagtesitrus vir die plaaslike en oorsese markte word uurliks tydens die spitsseisoen by die tegnologies gevorderde Naranja Packers naby Burgersfort verpak. Dis meer as 300 000 Nadorcotts wat elke uur in een van meer as 20 produklyne se boksie eindig.
“Tans verpak ons sowat 70 tot 80 vrugtekratte per uur in die pakskuur, maar ons kan tot 100 kratte in ’n uur pak as alles outomaties verloop. Ons het die potensiaal om 64 000 ton vrugte in ’n seisoen te hanteer,” vertel me. Lucille Strecker, bestuurder van stelsels en inligting by die pakhuis, oor hul verbysterende vermoëns.
Naranja Packers, wat aan Indigo Fruit Farming behoort, is in 2014 teen R140 mijoen met Spaanse en Franse toerusting opgegradeer. Dit is sedertdien die modernste (en grootste) sagtesitruspakskuur in Suid-Afrika (maar die nuwe geslag ultramoderne pakhuise blaas reeds in sy nek).