Twintig jaar nadat die menslike genoom gekarteer is, is aartappels s’n nou ook uitgepluis.
Die werk is gedoen deur navorsers van die Ludwig-Maximilians-universiteit en die Max Planck-instituut vir plantteeltnavorsing in Duitsland.
Kenners sê dit kan die weg baan vir gevorderde biotegnologiese studies wat die teling van meer robuuste aartappelkultivars wat groter opbrengste lewer, tot gevolg kan hê. In ’n verklaring beskryf die navorsers die betrokke aartappels se teelmateriaal as “baie ingewikkeld”.