AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9347
7,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9420
59,00
SUNS
29 Sep
-
10200
226,00
WEAT
29 Sep
-
7099,4
28,40
WMAZ
29 Sep
-
4885,4
3,40
YMAZ
29 Sep
-
4853,8
25,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Afrika reg om SA wyn te skink

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Vinpro
Foto: Vinpro
Die vryehandelsooreenkoms tussen Afrika-lande is een van die grootste geleenthede vir Suid-Afrikaanse wynprodusente wat wyn op die vasteland wil verkoop.

Mnr. Mac Mabindilala, stigter en uitvoerende hoof van Pengro Insights, het op die wyntoerismekonferensie op Boschendal gesê Afrika is die tuiste van 16% van die wêreld se bevolking, maar net 5% van die wêreld se alkohol word op die vasteland verbruik.

Die vryehandelsooreenkoms beteken 54 Afrikalande sal sonder tariewe met mekaar kan handel dryf.

“Ja, dit tel nog stoom op en sekere markte probeer nog grense stel, maar sodra dit aan die gang is, hou dit ’n groot geleentheid vir die wynkategorie in,” sê Mabindilala. 

Volgens hom word van die snelgroeiendste stede ter wêreld ook in Afrika aangetref en die groeivooruitsigte ná die pandemie is uiters goed. Daarom meen Mabindilala dat wynprodusente eerder aan stede as lande as markte moet dink.

“Dink eerder aan ’n Nairobi-strategie as aan ’n Kenia-strategie. Dit sal toegangsgeleenthede skep sodat die res van die land later ontdek kan word.”

Hy raai wynprodusente aan om op twee of drie markte te konsentreer.

“Kenia kan tans as die beste in sy klas beskou word wat Suid-Afrikaanse wyn betref. Hul idee van Suid-Afrikaanse wyn is gunstig, dis ’n maklike mark om in sake te doen en dit gee ook aan jou toegang tot die res van Oos-Afrika. Konsentreer op markte met ’n soortgelyke profiel, bou vertrouensverhoudings, skep momentum en groei dan van daar af.”

Vroue is die sleutel

Volgens Mabindilala word baie (onwettige) tuisbrousels steeds deur Afrikane geniet, maar dit verander.

“Verbruikers is oop vir produkte van beter gehalte. Die bier- en spiritualie-bedryf het verbruikers oortuig om beter keuses te maak en weg te beweeg van onveilige opsies soos tuisbrousels. Die wynbedryf kan gerus hieruit leer.”

Mabindilala glo vroue gaan die sleutel wees om wynverbruik op die vasteland aan te wakker.

“Wyn se penetrasie is nog baie laag en verbruikers kies eerder bier. In voormalige Franse dele van die vasteland is hulle meer geneë tot wyn. Meer vroue drink egter deesdae openlik wyn of ander drankies, iets wat voorheen om kulturele redes nie plaasgevind het nie. Ons glo vroue gaan wynverbruik aanspoor, mits produsente se aanbod reg geplooi is.”

Handel geformaliseer

Hoewel Afrika se markte nie so formeel is soos in Suid-Afrika nie, beteken dit nie verbruikers stel nie belang in topklas-produkte nie.

“Jy gaan dalk ’n stalletjie met plaasprodukte kry, en net langsaan is ’n handelaar wat duur Franse wyne en sjampanje verkoop. Moenie dit vrees nie, maar kry eerder ’n manier om dit vir jou te laat werk,” het hy produsente aangemoedig. In dieselfde asem het hy gesê danksy kleinhandelgroepe soos Shoprite en Carrefour is daar al meer winkels “soos Suid-Afrikaners dit ken”.

“Dit skep die perfekte omgewing vanuit ’n kleinhandelsperspektief vir wyn.”

Daar is ook meer onafhanklike wynwinkels wat veral topwyne en kleiner reekse van reg oor die wêreld aanhou.“Dis belangrik om seker te maak Suid-Afrikaanse wyne is vooraan in die gedagtes van dié winkeleienaars.”

Restaurante in Afrika se aanbod – veral vir fynproewersetes – is ook besig om te verbeter en restauranteienaars doen moeite met goeie wynlyste. Hy het produsente aangeraai om, indien hulle hul wyn op so ’n lys kan kry, die restauranteienaars by te staan met maniere om die wyn te verkoop.

Gehalte is belangrik

Op die vraag of die voormalige kolonies ’n invloed het op wynverbruikspatrone, het Mabindilala “ja, maar dit hang ook af” gesê.

“In ’n land soos Mosambiek het verbruikers tien jaar gelede Portugese wyne bo Suid-Afrikaanse wyn verkies, maar dis besig om te verander. In Angola verkies mense steeds meesal Portugese wyn. Dit toon egter Suid-Afrika kan meeding in die voormalige kolonies en verbruikersgedrag verander. In voormalige Franse kolonies word Franse wyn steeds beskou as van beter gehalte, maar Suid-Afrika kan dié persepsie verander.”

Hy sê Spaanse wyn is die afgelope twee dekades in Afrika gestort, wat ’n negatiewe persepsie oor Spaanse wyn geskep het. “Suid-Afrika se storie moet dus gaan oor gehalte teen elke pryspunt.”

Hy glo daar is ’n geleentheid om Suid-Afrikaanse wyn as die leidende wyn van oorsprong in Afrika te bemark. “Dit moet ’n doelgerigte poging wees, maar dit gaan geduld verg, want soos alles in Afrika is dit ’n langtermynspel.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-0.5%
Rand - Pond
19.50
-0.4%
Rand - Euro
17.44
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.64
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,649.84
-0.6%
Silwer
18.71
-1.0%
Palladium
2,194.00
+2.0%
Platinum
869.00
+0.3%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
57,352
-0.1%
Alle aandele
63,727
-0.1%
Hulpbronne 10
59,983
+3.6%
Industriële 25
77,454
-1.4%
Finansiële 15
13,845
-1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
Hang jou drome in die wind, sodat hulle kan leer vlieg.
My persoonlikheid is baie aanloklik Baie vriendelik en baie reguit. Hou glad nie van brand kosse nie. Hou baie van pastas asook hou van geleentheids avontuure. Buitelig mens My...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot