Tydelike werkers van Nederburg kry op dié manier permanente werkgeleenthede. Die plan is om in die toekoms swart boere in die omgewing in staat te stel om soortgelyke aanlegte op te rig en kos te produseer.
Distell se Agri+Gator-bemagtigingsarm het kragte saamgesnoer met Mi-Crop Holdings, waarvan die meerderheid van die besigheid in swart besit is. Distell verskaf die grond, water en elektrisiteit op die Nederburg-plaas en finansier dit saam met Mi-Crop, wat verantwoordelik is vir die tegnologie, infrastruktuur, kundigheid en opleiding.
Die eerste fase van die onderneming is gister (10 November) bekend gestel.